skip to Main Content

Sampioen & Feta Sop

Bestandele

  • 1-2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 koppie ongesoute botter
  • 1 ui gekap
  • 2 eetlepels sprietuie
  • 3 x 50g vars sampioene in skyfies gesny
  • 1/2 koppie koekmeelblom
  • 1 blikkie bier
  • 2 koppies hoenderaftreksel
  • 1 koppie melk
  • 1 blik “evaporated milk”
  • Fetakaas gekrummel
  • 1/2 koppie gerasperde Parmesaankaas
  • 5 ml tiemie
  • 5 ml basielie [ook vir garnering]
  • 15 ml Worcestersous
  • Sout en varsgemaalde peper
  • Rooi peper

Metode

  1. Soteer knoffel in botter en voeg dan uie en sampioene by.  Kook tot sag.  Hou eenkant.
  2. Smelt botter in groot kastrol en braai dan botter en meel tot goudbruin.  Klop bier daarin tot mengsel lekker dik word.
  3. Meng hoenderaftreksel en en melk en giet stadig in biermengsel in.  Voeg res van bestanddele by behalwe die feta en parmesaankaas.
  4. Geur die sop en laat kook vir 10 tot 15 minute.
  5. Garneer met Feta en Parmesaankaas.
  6. Bedien 8 – 10 mense.
Back To Top