skip to Main Content

André Steenkamp

4

Ek is André Johan Steenkamp, gebore 3 Desember 1960 en die registrateur van www.steenkamp.co.za

My passie oor die jare…

  • NO LIMIT HOLDEM TEXAS POKER (In 2013 in Las Vegas die “MAIN EVENT” in die World Series of Poker gespeel).
  • Natuurlik mal oor kuier.
  • Groot Shark ondersteuner.
  • Selfgeleerde Sjef en Restauranteur. Besoek gerus chefsonmarine.co.za
  • Ingenieurswerk in Suid Afrika en Qatar.
  • (Boerbokke, Beeste, Skape, Hoenders, Sitrus, Gras, Neute, Piesangs)
  • Klasieke Voertuie.
  • Entrepreneur and Filantroop.
  • Eiendomme en Eiendomsagent.
  • Hondeteler – American Bullies en French Bulldogs. Besoek gerus woodstock.co.za
  • https://www.youtube.com/watch?v=lVNOLjuBThc&t=4s
  • Renperde en Renperd eienaar tot 2004.

Nooi my vir ‘n goeie kerrie en ek gaan nooit weer huis toe nie!!!

My nommer is 082 490 1527 en my e-pos is andre@steenkamp.co.za

Cornelia (Kwassie) Steenkamp

Kwassie2

Kwassie Steenkamp

Cornelia Vermaak Steenkamp, almal noem haar Kwassie.  Kwassie is gebore op 13 November 1965.  Sy het groot geword in Reddersburg en gematrikuleer op Ermelo.  Tans bly is in Ramsgate, KZN en speel heeldag en aldag tennis.

Haar passie is musiek, tennis (Southbroom Tennis Club) en kuier.  Tot en met 2015 het sy geboer met LM kitsgras en Sitrus in die Loskopvallei.  Haar sitrus het sy uitgevoer na China en Rusland.  Haar belangstelling in Sitrus het haar al in Duitsland en Spanje laat draai.

Soms speel sy aanlyn Poker en het aan verskeie Poker toernooie in Suid Afrika en Las Vegas deelgeneem.

Skakel haar gerus op 082 493 6687 of kwassie@steenkamp.co.za

 

George Steenkamp

2

George Steenkamp

George Steenkamp is gebore op 5 September 1982.  Hy werk as ‘n QC koőrdineerder, by Kusile kragstasie buite Witbank en bly in Centurion, Gauteng.  Sy dogter Andréa, is 16 jaar oud en sy seun se naam is Albert.  Albert is 13 jaar oud.

Andréa is huidiglik in Gr10 en stel net belang in seuns en om te kuier saam haar vriende en dan die res van die tyd te slaap (LMGA).  Sy is n tiepiese tiener, maar is tog ‘n baie diep mens.  Sy gaan gereeld saam met my gym toe en probeer haar bes om reg te eet.  Sy kan glad nie kos maak nie.  Nie eers roosterbrood, sonder om dit te brand, nie.

 

Albert is net soos ek was op sy ouderdom, so hy maak almal lekker mal.  Op die oomblik draai sy lewe om ‘n aanlyn rekenaarspeletjie,  “Fortnite”. Hy spandeer die res van sy tyd op sy Playstation en sy foon.  Hy is ‘n regte Casinova as dit kom by die vrouens en verkies hulle BAIE ouer.  Albert is huidiglik in Gr 6.

George se belangstelling is gimnasium toe te gaan in die aande na werk, as hy die energie het.  Hy het onlangs begin met scuba en het al gevorder tot “Rescue Diver” en beplan om voor einde Julie 2020 sy “Dive Master“ te doen.  Al George se kwalifikasies in scuba is deur PADI gedoen deur “Scuba Evolution”.  www.scubaevolution.co.za  Kontak hulle gerus indien jy belangstel om te opleiding te kry met mense wat regtig omgee en dit baie sosiaal en lekker hou.  Ander belangstellings is om tyd te spandeer op die skietbaan.  Hy is nie n skerpskutter nie, maar tref darem elke keer die teiken.  Hy weet so ‘n klein bietjie van Poker af, maar word ‘n kenner op die gebied as hy goed onder die prop is.  George studeer tans “Projekbestuur“ en hoop om sy “PMP“ teen Junie 2020 te haal.  Dan het hy nog planne om te verhuis New Zealand toe, saam die kinders.

Sy e-posadres is gsteenkamp@steenkamp.co.za en hy kan gekontak word by 084 606 6037.

Justin Steenkamp

20140605_131931-1

Justin Steenkamp

Justin Steenkamp is gebore op 15 Desember 1988 in 2 Militêre Hospitaal, Wynberg, Kaapstad.

Hy bly op Stonesluck plaas en hou homself besig met TV games, groeier van verskeideheid Chilli’s, Rothmans vir sy smile en die teel van American Bully honde.  Besoek gerus www.woodstock.co.za

Handige man op die plaas, as hy vroeg genoeg opstaan.  Diens en herstel sy eie voertuie, kan huisbedrading  doen, sweiswerk, algemene nutsman en hy verstaan Solar stelsels.  Die hele Stonesluck is total van die “grid” af.  Huise, boorgate, die lot werk van solar af.  Kook op gasoond.  Hy verstaan ook boer met lewendehawe en sitrus.

Justin is mal oor diepseehengel en het omtrent 20 spesies op sy kerfstok.

Sy musiek keuse is “hard rock”, “heavy metal” en sulke ander k@k.  Poker is ook een van sy passies en hy het verskeie toernooie in Las Vegas, Suid Afrika en Swaziland gespeel.

Sy e-posadres is justin@steenkamp.co.za en hy kan gekontak word by 082 462 0829 of 082boerbok.

Colin Steenkamp

WhatsApp Image 2020-02-18 at 11.47.45 AM (1)

Colin Steenkamp

Colin Steenkamp is gebore op Trichardt 19.9.1991 (Al die 1’s en 9’s)  (Lees 1991991 van enige kant af!!)

As jong seun het hy die plaaslewe geniet.  Die sosiale kant, soos visvang en motorfiets ry, maar ook die skerp kant van die boerdery.  Op 11 jarige ouderdom het Colin, ‘n maatskappy Colin Steenkamp Boerdery gestig en met verjaarsdag- en sakgeld sy eerste boerbokke gekoop.  Later het hy uitgebrei en beeste en skape.

Sy droom het waar geword toe hy in 2013 aan die WORLD SERIES OF POKER in Las Vegas gaan deelneem het.  Bo en behalwe Las Vegas hy in al die groot toernooie op die SOUTH AFRICAN POKER TOUR gespeel in Suid Afrika en Swaziland.  In 2015 het hy weer in Las Vegas gaan draai.

Hy is mal oor kuier, sy vrou Hannah-Rose en sy vriende.

Op 13 Augustus 2019 het hy en Hannah Swede toe geimmigreer.  Hulle bly tans in Vaggeryd, 34km suid van Jönköping.  Colin werk by ‘n ECO-vriendelike melk-en beesboerdery.  As omgewingsvriendelike boere maak hulle glad nie gebruik van kunsmatige gifstowwe of onkruiddoders op hulle lande nie.  Hul beeste se lewensomstandighede moet aan internationale vereistes voldoen wat betref higiëne en beweegbare spasie vir die diere.

Hulle is slegs 3 permanente werkers op die plaas, maar kry met tye addisionele hulp in om ander kontrakte in die omgewing te kan doen.  Kontrakte soos om die gras langs die paaie te sny in die somermaande en sneeu skraap op die paaie in die wintermaande.  Natuurlik ook die bewerking van hulle eie lande.

Hulle het tans 350 melkbeeste waarvan hulle gemiddeld 100 beeste, 2 keer per dag melk.  Gemiddeld lewer hul koeie 10,900 liter / koei / jaar.  Dan is daar nog ‘n aantal vleisbeeste.

Sy e-posadres is colin@steenkamp.co.za  Sy WhatsApp nommer is 082 352 4408 en sy selnommer +46 76 391 9056.

Hannah-Rose Steenkamp

WhatsApp Image 2020-02-18 at 11.47.43 AM

Hannah-Rose Steenkamp

Hannah-Rose Steenkamp is gebore op 20 Januarie 1998.  Sy het die jongste toevoeging tot die familie geword toe sy en Colin getroud is op 5 Januarie 2016.  Ek ken haar ouers, Kim en Michele al meer as 45 jaar en was verheug toe sy en Colin getroud is.  Sy is model pragtig en bly saam met Colin in hulle gerieflike huise in Vaggeryd, 34km suid van Jönköping, Swede.  Sy het ‘n baie goeie pos as Engelse onderwyser in Jönköping.

Vrot van die Engels, maar is lief om met my Afrikaans te praat.  Natuurlik is dit deesdae net Sweeds en Engels.

In haar vrye tyd kuier hulle met vriende en haar broer Ryan, wat ook op die plaas werk.  Dan ook aktiwiteite soos ysskaats in die wintermaande en Sondae is dit kerk.  Na kerk fika almal gewoonlik saam.  Fika is ń groot ding in Swede.  Lekker sterk swart koffie saam lekker eet goedjies gesels almal saam.  Soms in die middel van werk, as iets bespreek moet word, sal hulle gou fika.

 Kontak haar by hannah@steenkamp.co.za of +46 76 392 8227

Back To Top