skip to Main Content

Bestandele:

  • 4 koppies meel
  • 2 teelepels sout
  • 1 pakkie ‘dry yeast’
  • 1 koppie aartappels wat opgesny is in klein blokkies
  • 15ml olyfolie
  • 400ml water
  • 200ml water waarin aartappels gekook was
  • 200ml skoon water

Instruksies:

  • Gooi 4 koppies meel in ‘n groot bak en sprinkel 2 teelepels sout oor die bokant van die meel as ook die pakkie ‘dry yeast’.
  • Kook die klein gesnyde aartappel blokkies in 500ml water tot dit sag is. Gooi dan 200ml van die water waarin die aartappels gekook was in ‘n apparte groot beker met nog 200ml skoon water.
  • ‘Mash’ die sag gekookde aartappels en gooi dit by die beker water saam met 15ml olyf olie en roer dit goed.
  • Gooi die beker water stelselmatig by die bak meel tot dit ‘n deeg vorm.
  • Sprinkel meel oor werkoppervlakte en begin deeg te knie tot dit stewig is.
  • Los deeg tot dit dubbel sy grootte rys, knie dit dan weer af.
  • Hou deeg in vuis en sny vuis grootte bolletjies of los net as een groot brood. Los dan weer om te reis.
  • Sprinkel meel oor bokant van brood en maak ‘n langwerpige snit op die bokant met ‘n skerp mes.
  • Plaas brood in oond op 200°C vir 10min waarna hitte afgebring word na 180°C vir ‘n verdere 10min (afhangende van die grootte van die brood).
  • Klop aan die onderkant van die brood, as dit ‘n hol klank het is dit reg.
Back To Top