skip to Main Content

Daardie Italiaanse brood wat vir my nes ‘n pantoffel lyk, is eenvoudig om te maak.  Pleks van spierkrag gebruik jy ‘n elektriese menger –  die skoonmaakwerk na die tyd is min.

BESTANDELE

  • 500g koekmeel
  • 500ml water
  • 1 pakkie (10 g) kitsgis
  • 10g sout
  • Ekstra meel vir sif

METODE

  1. Verhit jou oond tot 220ºC.
  2. Gooi al die bestanddele in die bak van ‘n elektriese menger. Gebruik die mengspaan (K-beater) en meng die beslag sowat 10 – 12 minute op volspoed totdat dit ‘n bal vorm in die middel van die menger.
  3. Los beslag in bak en maak toe met kleefplastiek.  Laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume vir sowat 30 minute.
  4. Sif ‘n dik laag meel op ‘n bakplaat wat gespuit is met kleefwerende kossproei.
  5. Keer deeg versigtig op die bakplaat uit. Vorm die deeg met jou vingerpunte in ‘n langwerpige brood.
  6. Plaas dadelik in die oond en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar.

Wenk: Die deeg is baie loperig – jy kan dit nie met jou hande knie nie. [8-10 snye]

Back To Top