BESTANDELE
- 75ml OLIE
- 2 UIE (Gekap)
- 2 kg SKAAP KOOKVLEIS of HOENDER STUKKE
- SOUT
- PEPER
- 4 BADIA (ANISEED) PODS (Lyk soos bruin sterretjies)
- 1 eetlepel FENNEL SAAD (‘n Langerige liggroen saadjie kleiner as ‘n ryskorrel)
- 1 eetlepel JEERA/CUMMIN SAAD (Lyk soos FENNEL, maar effe kleiner en bruiner)
- 3 KANEELSTOKKIES/Cinnamon sticks
- 1 eetlepel BORRIE/Turmeric
- 2 KARDAMOM SADE/Cardomom pods/Elachie
- 2 ALCHA SADE (Lyk soos ‘n langwerpige donkerbruin neut. Effe sponsagtig onder sy vel)
- 5 LOURIER BLARE
- 2 eetlepels MEDIUM of WARM DROË MASALA MENGSEL
- 1 eetlepel VARS GEMMER (Geskil en Fyn gesny)
- 750ml WATER
- 1 teelepel GEKNEUSEDE KNOFFEL / Crushed Garlic
- 4 AARTAPPELS (gehalveer of gekwart)
- 4 TAMATIES (Geskil en gerasper)
- Aantal KERRIEBLARE / Curry Leaves (Dieselfde vorm as ‘n lourierblaar, maar kleiner, dunner en groener)
- Aantal VARS KOLJANDER BLARE / Coriander Leaves (Lyk amper soos pietersielie, maar ‘n platter blaar)
METODE
- BRAAI 2 UIE (Gekap) stadig in OLIE tot GOUD BRUIN
- GOOI in VLEIS, SOUT en PEPER
- BRAAI SO ‘N BIETJIE SAAM MET UIE (Nie nodig vir hoender nie)
- Meng die BADIA SADE, FENNEL, JEERA, KANEELSTOKKIES, BORRIE, KARDAMOM SADE, ALCHA SADE, LOURIER BLARE, MASALA en GEMMER
- GOOI BOGENOEMDE MENGSEL by UIE en VLEIS in.
- VOEG 750ml WATER by en KOOK tot SAG. (Kook hoender baie minder, anders val dit uitmekaar uit aan die einde)
- GOOI in 1 teelepel GEKNEUSDE KNOFFEL
- GOOI in AARTAPPELS
- KOOK AARTAPPELS tot AMPER SAG (1/2 gaar)
- GOOI in 4 TAMATIES
- GOOI in ‘n aantal KERRIEBLARE
- GOOI in ‘n aantal VARS KOLJANDER BLARE
- PRUT STADIG vir MEER as ‘n HALF UUR of langer.
Bedien saam met rys.