skip to Main Content

BESTANDELE

  • OLIE om UIE en VLEIS in te braai
  • UIE (Gekap) ½ ui per persoon
  • Gekneusde KNOFFEL (1 huisie per persoon)
  • Vars LOURIERBLARE (1 per persoon) (Tussen 6 en 12)
  • Ryp gemaakte RUMP in strokies (pinkie grootte) gesny (300g / persoon) (Bietjie vet aan sal nie skade doen nie)
  • AROMAT (Op Vleis)
  • SWART PEPER (Op Vleis)
  • AUTUMN HARVEST CRACKLING (Wit) 1 bottel tot 6 persone. (2 bottels vir meer mense)
  • PORTUGUESE ROLLETJIES skuins reg deur gesny van bo na onder, omtrent se dik soos jou vinger (om sulke ovaal broodjies te maak. Botter aan beide kante)

METODE – (Braaipan)

  • BRAAI UIE en LOURIERBLARE stadig in OLIE tot GOUD BRUIN. Op omtrent 90% gooi die knoffel in. (Hou een kant as GOUD BRUIN is)
  • AROMAT en PEPER die blokkie/strokies VLEIS en braai om hulle te kleur. Net vinnig. Nie heeltemal gaar nie. Braai hulle in sarsies. Te veel in 1 braaipan op ‘n slag, sal hulle laat kook en hulle sal nie nie bruin word nie.
  • Gooi die UIE/Knoffel/Lourierblare en VLEIS bymekaar.
  • Gooi 1 hele BOTTEL WYN in en laat die alkohol stadig afkook. (20-30min) 1½ -2 bottels vir meer mense.
    Genoeg wyn verseker genoeg sous

Nou kan die mense skep.
Los die braaipan in die middel van die tafel. Elke persoon vat ‘n stukkie brood en met die hand skep stukkies vleis en sous op. Almal eet sommer met die hand uit die een pot uit. Mense wat vol kak is, kan maar in apparte bakkies op skep.
Goeie Portugese musiek.
Ek gebruik nooit meer as 1½ bottels nie. Daar moet mos ‘n bietjie oor bly vir ‘n droë keel!

Back To Top