skip to Main Content
BESTANDELE
- 50ml Olie
- 2 Uie (Gekap)
- 1 – 2 eetlepel Masala(Packo of soortgelyk)
- 1 teelepel Gekneusde Knoffel
- 1 teelepel Gekneusde Gemmer
- 1 eetlepel Borrie (turmeric)
- 2 Groen rissies (Met vurk gesteek of ringetjies) / Chilli (Opsioneel vir sussies)
- 1,5 – 2 kg Skaap kookvleis of hoender stukke
- Aromat
- Peper
- 2 blikkies ALL GOLD Indian Style ‘diced tomatoes’
- 1 pakkie KNORR Fresh Ideas MILD DURBAN CURRY (Met 400ml water)
- 750ml Water(as jy wil)
METODE
- Braai 2 uie stadig in olie tot goud bruin.
- Sodra die uie bruin is, gooi die masala, knoffel, gemmer, borrie en rissies in en haal van hitte af.
- Terwyl die uie braai, Aromat en peper die vleis en braai in apparte pan to bruin.
- Gooi die hele lot bymekaar, insluitende die ALL GOLD Indian style blikkies en die KNORR Mild Durban curry.
- Prut stadig vir ‘n halfuur of langer. (Hoe langer hoe beter, Voeg water by soos benodig)
- Bedien saam met rys, Basmati rys of pasta.
Back To Top