skip to Main Content

Ek het sommer ‘n Kasserol, op lae gas, op my stoof gebruik.

My solar is net te lig om my oond te trek.  Anders oond teen 120˚C.

  • DIKRIB stukke (±3kg) gegeur met…
  • AROMAT (Peri-Peri) en PEPER, bedek met ’n ligte laagie…
  • MAIZENA (Het nie meel gehad nie)

Braai alle kante van die DIKRIB effe bruin in pan met bietjie OLIE

  • UIE. (3) Plaas drie medium grof gekapte uie onder in die Kasserol.

Plaas die dikrib (been onder) op die uie in die Kasserol.  Ek het hulle soos soldate laat staan, dan pas hulle almal net mooi in.

Sprinkel die volgende oor…

  • TWEE Eetlepels gekneusde KNOFFEL
  • EEN Eetlepel ORIGANUM
  • VYF NAELTJIES
  • VIER LOURIERBLARE
  • 50ml SOY
  • 375ml (1/2 Bottel) DROȄ ROOI WYN

Met ‘n toe deksel, op die laagste gasvlam vir 5 URE en Fluit Fluit.

Lewer 8 – 10 porsies.

Bedien saam met RYS of STAMPMIELIES en gebraaide GROENTE

Back To Top