Bestanddele

  • 750 ml Bruin Asyn
  • 750 ml (3 koppies) Suiker
  • 500 g Uie (So tussen 3 & 4)
  • 250 g Gedroogte Appelkose (OORNAG GEWEEK)
  • 15 ml (1 eetlepel) Sout
  • Brandrissies na smaak

Metode

  • Maal die brandrissies, Uie en Appelkose.
  • Plaas in ‘n pot en voeg die ander bestandele by.
  • Roer die res van die bestanddele by.
  • Kook tot dik.
  • Bottel warm blatjang in gesteriliseerde bottles.