André Steenkamp

4

Ek is André Johan Steenkamp en die registrateur van www.steenkamp.co.za Ek is gebore op 3 Desember 1960 en hou myself besig met Projekwerk in die Petrochemiese bedryf, boerdery en ander sakebelange.

Ek is betrokke met Tafelronde (Round Table) en is tans ‘n 41er. Natuurlik mal oor kuier!!!! Groot SHARK ondersteuner! NO LIMIT HOLDEM TEXAS POKER is een van my passies. Speel nie eintlik Poker aanlyn nie, maar neem die afgelope 10 jaar aan al die SAPT’s en WPT’s deel. In 2013 het ek die “main event” in die World Series of Poker in Vegas gespeel. Nooi my vir ‘n goeie kerrie en ek gaan nooit weer huis toe nie!!

My nommer is 082boerbok en my e-pos is andre@steenkamp.co.za

Cornelia (Kwassie) Steenkamp

Kwassie2

My huidige vrou is Cornelia (Vermaak). Almal noem haar Kwassie. Sy is gebore op 13 November 1965. Sy het groot geword in Reddersburg en gematrikuleer op Ermelo. Ek het haar in Pretoria ontmoet.
Soms speel sy tennis, maar speel die meeste van die tyd aanlyn-Poker (Alias: PIESANG, Boeta-Lazy of Krulkop). Sy geniet aanlyn-Poker die meeste, maar het so ‘n paar “Live”games in Las Vegas gespeel. Sy geniet ook om aan al die groot Poker toernooie op die South African Poker Tour en World Poker Tour in SA deel te neem.

Skakel haar gerus op 082 493 6687 of kwassie@steenkamp.co.za

George Steenkamp

1

George Steenkamp is gebore op 5 September 1982. Alhoewel hy niks van rugby af weet nie, is hy ‘n BLOU BUL ondersteuner. Hy werk as ‘n QC bestuurder by Kusile kragstasie buite Witbank en bly in Centurion. Sy dogtertjie se naam is Andréa en sy seuntjie is Albert. Hy weet so ‘n klein bietjie van Poker af, maar word ‘n kenner op die gebied na so ‘n halwe bottel brandewyn.

Hy was nog altyd ‘n fyn outjie, maar dinge lyk nou BAIE GROTER, oor hy al sy vrye tyd in die gimnasium spandeer. Dan sluk hy so 6 – 10 rou eiers in die oggende en drink sulke snaakse “Shakes”. “Tap-Out” frokkies of ‘n kaal bo-lyf rond hom af.

Sy e-posadres is gsteenkamp@steenkamp.co.za en hy kan gekontak word by 084 606 6037.

Justin Steenkamp

20140605_131931-1

Justin Steenkamp is gebore op 15 Desember 1988. Hy is ‘n BLOU BUL ondersteuner en het reeds geleer om stadig te praat.

Hy is maar ‘n lui outjie, maar staan darem voor 11:00 in die oggende op. Soms werk hy op die plaas, maar die meeste dae speel hy TV games op sy rekenaar. Hy bly op Stonesluck plaas in die Loskopvallei. 3oo armbande en 4 oorbelle rond hom af. Hy eet neute, slaaiblare en vleis sonder vet. Hy geniet sy vriende en rook ewe veel.

Sy musiek keuse is “hard rock”, “heavy metal” en sulke ander k@k. Poker is ook een van sy passies en hy het verskeie toernooie in Las Vegas, Suid Afrika en Swaziland gespeel.

Sy e-posadres is justin@steenkamp.co.za en hy kan gekontak word by 082 462 0829.

Colin Steenkamp

20150327_173333-2

Colin Steenkamp is gebore op 19.9.1991 (Al die 1’s en 9’s) (Lees 1991991 van enige kant af!!) Ek dink hy is ‘n SHARKS ondersteuner!! (Dit hang seker maar af van hoe lank hy in die Hatfield Square vertoef het?) Hy bly in Heritage Hill langs MidStream in Centurion en werk in die boubedryf, nadat hy 4 jaar gemors het met ’n BSC Konstruksiebestuur by Tukkies.

Sy droom het waar geword toe hy in 2013 aan die WORLD SERIES OF POKER in Las Vegas gaan deelneem het. Bo en behalwe Las Vegas het hy in al die groot toernooie op die South African Poker Tour gespeel in Suid Afrika en Swaziland. Hy is mal oor kuier, Hannah Bahlmann en sy vriende. Hy is die grapmaker in die familie.

Sy e-posadres is colin@steenkamp.co.za Sy kontaknommer is 082 352 4408.

Hannah Steenkamp

IMG-20150216-WA0020

Hannah Steenkamp is gebore op 20 Januarie 1998.  Sy het die jongste toevoeging tot die familie geword toe sy en Colin getroud is.  Ek ken haar ouers, Kim en Michele al meer as 40 jaar en was verheug toe sy en Colin getroud is.  Sy hoop om ‘n loopbaan as ‘n model te maak.  Haar kop staan Amerika toe, waar sy modelwerk wil doen terwyl Colin voltyds Poker in Las Vegas speel.  Vrot van die Engels, maar is lief om met my Afrikaans te praat.

Haar domain is hannahsteenkamp.com en haar webwerf sal volgende jaar geaktiveer word.

 Kontak haar by hannah@steenkamp.co.za of 071 436 5050.