BESTANDELE

  • 50ml Olie
  • 2 Uie (Gekap)
  • 2–3 kg Maalvleis (3 werk goed vir my)
  • Aromat (Jy weet mos)
  • Peper (Swart)
  • 1 Blok gerasperde KAAS (Cheddar)
  • 500 ml ROOM (Vars)
  • 1 Boksie ‘LASAGNE SHEETS’ (Hulle kom gewoonlik in 500g, maar jy sal net die helfte gebruik)
  • SPRAY and COOK
  • 3 Botteltjies INA PAARMAN Pasta Sous. (Werk fokken duur uit, ek meng sommer 3 Flavours) Sien ONDER
  • 3 of 4 Pakkies ROYCO Pasta Sauce werk ook OK.

Sommige souse het ‘n rooi basis (wat ek gebruik), ander het ‘n wit basis. Gebruik slegs een van die twee, maar nooit rooi & wit saam nie. Ek self doen nie eintlik die wit ding nie. Is maar ‘n rooi outjie.

INA PAARMAN PASTA SOUSE
Tomato Olive & Chilli
Tomato & Basil
Roasted Pepper
Beef Bolognaise
Sundried Tomato & Percorino
Roasted Mushroom

ROYCO se PASTA SOUSE
Tomato & Bacon
Creamy Tomato & Herb
Bacon Corbonara
Creamy Cheese & Garlic
Cheese Ham & Mushroom
Sour Cream & Mushroom
Four Cheese

METODE

  • BRAAI 2 UIE stadig in OLIE tot GOUD BRUIN (Hou een kant)
  • Terwyl die uie braai, AROMAT en PEPER die MAALVLEIS en BRAAI in apparte pan to BRUIN.
  • GOOI die HELE LOT bymekaar, insluitende die PASTA SOUS. (Nie die Room, Kaas & Pasta Sheets nie)
  • Spray & Cook ‘n casserole of dieperige glasbak.
  • Pak in lae: Mince, klein bietjie gerasperde Kaas, Lasagne Sheet, klein bietjie ROOM… (Herhaal omtrent 3 keer)
  • Boonste laag is Mince, meeste KAAS & meeste ROOM. (Die Room werk self sy pad af onder toe)
  • Bak teen 180?C vir 45 minute. (Miskien nog so 5-10 minute op Grill)

Soms dink jy die room is te veel, maar daar is niks so kak soos ‘n droë Lasagne nie. Die loperige Pasta Sous en Room word alles deur die Lasagne Sheets geabsorbeer. Liewer loperig as droog.

Bedien saam met Chateau Brandewyn en Tab in ‘n maer/kort glas, sonder ys. Windhoek Draught op ‘n warm dag.